Sunday 5 November 2017

40 Dae van AANBIDDING - Dag 40

Dag 40 - VOLHARD IN GEBED EN AANBIDDING 

TOT JESUS se WEDERKOMS

 LEES Jak 5:7-16
‘n Lewe van volharding in gebed en aanbidding tot en met die wederkoms van Christus 
Ons let op twee sake,:
1.         Volhardende AANBIDDING VAN ONS HERE, en ‘n
2.         Volhardende GEBED VIR MEKAAR
TOT JESUS WEER KOM OM SY BRUID TE KOM HAAL ,  is dit waaroor die lewe gaan,
·         goeie tye … slegte tye …
·         siekte en gesondheid,
·         droogte en reëns,
·         lydingstye en blydskaptye.
WARE AANBIDDERS LEER OM GEDULDIG TE WEES IN OMSTANDIGHEDE en OOK MET MEKAAR
Jak 5:7-8  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.  8  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
WARE AANBIDDERS:
·          KLA nie en SUG NIE TEENOOR MEKAAR NIE– vers 9
·         VOLG die GOEIE VOORBEELD van ANDER  - vers 10-11
·         MENSE VAN HULLE WOORD -  vers 12 ( JA is JA, NEE is NEE)
 Jakobus leer ons – die WARE AANBIDDERS wat oppad is na die wederkoms – moet soos volg, v.13
13 ¶ Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom BID.
WANT AS JOU GEBED BEANTWOORD IS, GAAN JY LOFPRYS
Is iemand opgeruimd? Laat hom PSALMSING. 
 Jak 1:2-4 leer ons dat ons SELFS KAN LOFPRYS as ons onder beproewinge en versoekinge gaan.
TOTDAT JESUS KOM, MOET ONS:
1.       BID VIR DIE SIEKES - Jam 5:14-15  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.  15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
2.        VERHOUDINGE REG  MAAK en HOU- Jam 5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
3.       VIR MEKAAR en OMSTANDIGHEDE BID   - Jam 5:17  Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;  18  en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
4.      MEKAAR RED en VERMAAN  - Jam 5:19  Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,  20  laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.


GEBED : HERE HELP ONS GEDULDIG TE WEES TOT OP U WEDERKOMS

Wednesday 1 November 2017

40 Dae van AANBIDDING - Dag39

Dag 39 - Eienskappe van 'n WARE AANBIDDER - 6
6. NEDERIGE GEHOORSAAMHEID AAN DIE WIL VAN GOD.
Net soos JESUS moet ons GESINDHEID en AKSIES( HANDELINGE)  die ware uitdrukking wees van wat dit behels om ‘n WARE AANBIDDER te wees: nl 
Jesus het nie SY WIL gedoen nie  - Joh 5:30    ... maar die wil van Hom wat My  gestuur het. (NV) ...... EK MOET OOK SO WIL 

 Jesus het  gebid in  Matt 6:10 10 LAAT U WIL ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.  ...... EK MOET OOK SO BID
Jesus het Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. (NV) Fil 2:8 …. EK MOET OOK SO GEHOORSAAM WEES
Jesus het DIE VADER op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat die VADER Hom gegee het om te doen. (NV) -  Joh 17:4

WAT IS DIT WAT DIE HERE JOU GEVRA HET OM TE DOEN?
a.      ALGEMENE OPDRAG -  Matt 28:19
Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

b.      SPESIFIEKE OPDRAG -  d.w.s JOU BEDIENING
1Kor 12:28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

c.       OOMBLIKLIKE OPDRAG - 
Ware aanbidders luister na die INSPRAAK VAN DIE HEILIGE GEES as hulle vir iemand moet bid, of woord gee,  Aalmoese gee. Genees of bevry.
Hand 3:6  Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

NOU IS DIE VRAAG AAN DIE WARE AANBIDDER :
Luk 6:46  "Watter sin het dit dat julle My aanspreek met 'Here, Here!' en NIE DOEN WAT EK SÊ NIE? (NV)
1 Kor  10:31 31 Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, DOEN ALLES TOT EER VAN  GOD. 

Ongehoorsaamheid is hoogmoed en ons mag nie hoogmoedig, opstandig of  ongehoorsaam wees nie. Gehoorsaamheid is die bewys wat ons lewer DAT ONS GOD WAARLIK LIEFHET.
Joh 14:21 21 "Wie my opdragte het en dit uitvoer—dit is HY WAT MY LIEFHET. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar." (NV)


GEBED :  HERE HELP MY OM U WIL TE DOEN en VIR U TE WYS HOE LIEF EK U HET.?

Tuesday 31 October 2017

40 dae van AANBIDDING - Dag 38

Dag 38 - EIENSKAPPE VAN 'n WARE AANBIDDER 5
5. LEWE VAN GELOOF - AANBIDDING sonder GELOOF beteken niks:
Hebr 11:6 6 As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo (1)dat Hy BESTAAN en (2)dat Hy DIÉ WAT HOM SOEK, BELOON. (NV)
  
AMPL - Heb 11:6  But without faith it is impossible to please and be satisfactory to Him. For whoever would come near to God must [necessarily] believe (1) that God exists and (2) that He is the rewarder of those who earnestly and diligently seek Him [out].

ONS SIEN DIE VERBAND TUSSEN GELOOF en AANBIDDING:
1.       LEWE VAN JAKOB - Heb 11:21 Deur die GELOOF het Jakob op sy sterfbed altwee die seuns van Josef geseën; en HY HET AANBID terwyl hy leun op die knop van sy staf. ….. Heb 11:21  It was by faith that Jacob, when he was old and dying, blessed each of Joseph's sons and BOWED IN WORSHIP as he leaned on his staff.

2.       LEWE VAN ABRAHAM - Gen 22:5  En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan OM TE AANBID en DAN NA JULLE TERUGKOM.  LEES OOK -  Heb 11:17  Deur die GELOOF het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,

1.       AANBIDDERS WEET WIE GOD IS ( DAT HY BESTAAN)
Jer 24:7  En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.

2.       AANBIDDERS  WEET HOE OM  GELOOF TE OPENBAAR
a.      DEUR DIE WOORD
Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
b.      DEUR IN DIE HEILIGE GEES TE BID
Jud 1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

3.      AANBIDDER WEET OM TE VRA ( BID) :
Psa 105:4  Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

Jam 1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

4.      AANBIDDERS WEET OM TE VERWAG (ONTVANG)
Matt 21:22 22 As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra." (NV)


GEBED: DANKIE HERE DAT EK KAN BID, GLO en ONTVANG

Monday 30 October 2017

40 Dae van AANBIDDING - Dag 37

Dag 37 -  Eienskappe van 'n WARE AANBIDDER 4

4. ‘n LEWE VAN GEBED
Aanbidding beteken GEMEENSKAP en sonder gebed is gemeenskap onmoontlik.
a.      INTIEME TYE VAN GEBED
Mat 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Message - Mat 6:6  "Here's what I want you to do: Find a quiet, secluded place so you won't be tempted to role-play before God. Just be there as simply and honestly as you can manage. The focus will shift from you to God, and you will begin to sense his grace.
LET OP DIE VOLGENDE :
1.   STIL EENSAME PLEK (BINNEKAMER) –
VOLG DIE VOORBEELD VAN  JESUS  - Matt 14:23 23 Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. (NV)
2.   GEEN  “VOORGEE” (No Pretence / No roleplay)
WARE AANBIDDERS is NIE soos die Fariseers - Mat 23:28  So LYK JULLE ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

3.   EENVOUD en EERLIKHEID
Joh 4:23  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die WARE AANBIDDERS die Vader IN GEES EN WAARHEID sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

4.   ERVAAR SY GENADE
….en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. …… and you will begin to sense his grace.

Heb 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en GENADE VIND om op die regte tyd gehelp te word.

b.      GEDURIGE TYE VAN GEBED ( ALTYD en ORAL)
Efes 6:18 18…… Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.  Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (NV)
1 Thess 5:17 …….17 Bid gedurig. (NV)
OF EK WERK, en OF EK STAP, OF EK RY, OF WAAR EK OOKAL MAG WEES, IS EK GEDURIG IN GEBED

c.       ‘n LEWE VAN GEBED (  en INTERSESSIE)
2Ti 1:3  Ek dank God, ..wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
2Ti 1:3  Every time I say your name in prayer--which is practically all the time--I thank God for you, the God I worship WITH MY WHOLE LIFE ….

GEBED: HERE LEI ONS IN ‘n LEWE van GEDURIGE GEBED

40 Dae van AANBIDDING - Dag 36

EIENSKAPPE VAN 'n WARE AANBIDDER 3
3. ‘n HART VOL VAN LIEFDE WAT GOD WIL VEREER
Enige aanbidding wat NIE met ‘n hart VOL VAN LIEFDE gepaardgaan nie, is NIE aanbidding nie,    en dit sluit emosionele betrokkenheid in. (Jou emosies moet jou nie dryf nie, maar wanneer jy  God se grootheid en almag besef kan jy nie anders as om emosioneel te raak nie)
MY LIEFDE en AANBIDDING IS NIE HALF-HARTIG NIE
Matt 22:37 37 Jesus antwoord hom: "'Jy moet die Here jou God LIEFHÊ met jou hele hart en met  jou hele siel' en met jou hele verstand. (NV)
Mat 22:37  And He replied to him, You shall love the Lord your God with ALL your heart and with ALL your soul and with ALL your mind.

EK BESEF DAT DIT IS WAT HY VERLANG
Deu 10:12wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te VREES, in al sy weë te wandel en HOM LIEF TE HÊ en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
Ampl - Deu 10:12   ….. to fear the Lord your God, [that is] to walk in all His ways, and TO LOVE HIM, AND TO SERVE THE LORD your God with all your [mind and] heart and with your entire being,
GNB - Deu 10:12  …. Worship the LORD and do all that he commands. Love him, serve him with all your heart,
ONS SING ‘n KOORTJIE :
I WILL SERVE THEE, BECAUSE I LOVE THEE
YOU HAVE GIVEN LIFE TO ME
I WAS NOTHING , BEFORE YOU FOUND ME
YOU HAVE GIVEN LIFE TO ME
HEARTACHES AND BROKEN PIECES,
RUINED LIVES ARE WHY YOU DIED ON CALVARY
YOUR TOUCH IS WHAT I LONG FOR
YOU HAVE GIVEN LIFE TO ME

ONS AANBIDDING VERKLAAR “HY ALLEEN” IS GOD
Mat 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. ….
Mat 6:24  "You can't worship two gods at once. Loving one god, you'll end up hating the other. Adoration of one feeds contempt for the other.  

ONS AANBIDDING HET VOORDELE
Psalm 34:9 9 Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
Psa 34:9  Worship GOD if you want the best; worship opens doors to all his goodness.

ONS AANBIDDING EN GEHOORSAAMHEID =  BEWYS VAN ONS LIEFDE
1Sam 12:14  If you fear GOD, WORSHIP AND OBEY HIM, and don't rebel against what he tells you. If both you and your king follow GOD, no problem. GOD will be sure to save you.


GEBED: I LOVE YOU LORD, AND I LIFT MY VOICE, TO WORSHIP YOU

Saturday 28 October 2017

40 Dae van AANBIDDING - Dag 35

Dag 35 - Eienskappe van 'n WARE AANBIDDER 2

2.  GEDURIGE LOFUITINGE TOT GOD
‘n WARE AANBIDDER is NIE BEPERK ten opsigte TYD, PLEK en OMSTANDIGHEDE NIE; ‘n WARE AANBIDDER , loof en PRYS nie die SLEGS WANNEER DIT GOED GAAN NIE.

a.      GEEN BEPERKING VAN TYD :
‘n Psalm 34:1  Ek sal die Here ALTYD weer prys, sy lof sal ALTYD op my lippe wees. (NV)
Ampl - Psa 34:1  … I WILL bless the Lord AT ALL TIMES; His praise shall CONTINUALLY be in my mouth.
Message - Psa 34:1  I bless GOD every chance I get; my lungs expand with his praise.
Fil  4:4 4 Wees ALTYD bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! (NV)
NKJV - Phi 4:4  Rejoice in the Lord always. Again I will say, rejoice!
Message-Phi 4:4  Celebrate God all day, every day. I mean, revel in him!

b.      GEEN BEPERKING VAN PLEK
Psalm 48:1 - Die Here is groot! Aan Hom kom al die lof toe hier in die stad van ons God, hier op  Sy heilige berg, (NV)
Psa 48:1  …. GREAT IS the Lord, and highly to be praised in the city of our God! His holy mountain,...

Psa 150:1  Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!
Message - Psa 150:1  Hallelujah! Praise God in his holy house of worship, praise him under the open skies;

c.       GEEN BEPERKING VAN REDES
Psalm 118:1 1 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! (NV)
Psa 118:1  O GIVE thanks to the Lord, for He is good; for His mercy and loving-kindness endure forever!

Psa 106:1 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psa 106:1  PRAISE THE Lord! (Hallelujah!) O give thanks to the Lord, for He is good; for His mercy and loving-kindness endure forever!
[I Chron. 16:34.]
___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
LEES: Esra 3:11; Ps 52:9 ; Ps 118: 21; Ps 139:14

Gebed: Dankie Vader dat ek GEDURIG DEUR, LOFUITINGE tot U kan bring en dat niks my verhinder nie.